Thursday 2 August 2012

STEM VIR JOU WEN-PROJEK!

Die 7 top projekte wat vir die Romans Pizza Double Up Challenge ingeskryf het, is geïdentifiseer en die wenners moet nou gekies word!

Stem van 1 tot 14 Augustus vir die projek wat jy dink die grootste verskil vir kinders in nood maak, en staan elke dag ‘n kans om ‘n R250 Romans Pizza-geskenkbewys los te slaan!

Sms dan “Romans Pizza” gevolg deur die naam van die projek van jou keuse na 32716 (Bv, Romans Pizza Patch)

Vingers op die knoppies vir ‘n dubbele glimlag vir ‘n kind in nood!

Die 7 top projekte is:


1. 4kidz
‘n Groep van 5 laerskool leerders het begin om verjaarsdagpartytjies vir behoeftige kinders - wat nooit partytjies het nie, te hou. Hulle het sommer Romans Pizza aan boord gekry wat dan pizza tydens die geleentheid vir die kinders skenk.

2. Die 5 sent projek
Willowbridge Shopping Centre het R74 433,15 se 5sente ingesamel en Stop Hunger Now kon daarmee 37,216 maaltye vir honger kinders koop.  Met die insameling van 1,45 miljoen vyfsente, wat nou finaal die mark gaan verlaat, het hulle die voorreg gehad om menige kindermagies met nie-bederfbare kos vol te maak en word daar met bokse kos, bokse hoop afgelaai.

3. Bag of Goodness
Liesel Smalberger, ‘n onderwyseres by die Carel du Toit Sentrum, waar dowe kinders leer praat, het met "My Bag of Goodness" begin waar hulle op 'n weeklikse basis kospakkies aan behoeftige families in hulle skool gee.  Op die oomblik voorsien hulle 50 per week, maar dit raak meer.  Sy voorsien 'n sak wat genaamd is "my bag of goodness" wat 'n individu of onderneming kan vul met wat hulle wil en soveel hulle wil gee.  Die "slogan" van die projek is "its not the quantity but the thought of giving that counts".  Haar droom is dat die projek so groei dat hulle omliggende skole ook op 'n weeklikse/maandelikse basis kan help met kospakkies vir behoeftige families.

4. I’m Special-projek
I am Special Ministries spandeer kwaliteit tyd met behoeftige kinders om hulle spesiaal te laat voel sodat hulle kan besef dat dit nie saakmaak waar hulle vandaan kom of wie hulle is nie, nie eens wat hulle doen nie - "JY is spesiaal, want God het JOU gemaak!" Hulle doen onder meer poppekaste en die Romans Pizza Double-up challenge het nuwe lewe aan hierdie projek gegee met mense wat onder meer klere, speelgoed, tydskrifte en sporttoerusting vir die kinders ingesamel het. 

5. Patch
Patch verskaf gratis terapie aan kinders in die Helderberg omgewing wat seksueel gemolesteer is.

6. Tennis-projek
Growing Sports Foundation gee aan 2 000 behoeftige kinders gratis tennisklasse. Tydens die lesse word ‘n gunstige omgewing geskep waar die kinders dan ook positiewe gewoontes, lewensvaardighede, dissipline en sturktuur aangeleer word.

7. Troospakkies
Ramsay Media het genoeg geld ingesamel om 200 troospakkies vir seuntjies wat verkrag is te voorsien. Die troospakkies bevat waslappe, tandepasta en –borsels, inkleurboeke, speelgoed,en koekies.
Old Mutual het 3 000 troospakkies voorsien vir verkragtingslagoffers (meisies) tussen die ouderdomme van 4-8 en 9-12.
Media24 het 6 400 "snack packs" gepak vir kinderverkragtingslagoffers.
Hulle almal help Matla-a-bana, ‘n organisasie wat kinders tydens hierdie traumatiese tyd bystaan.

No comments: